Vanaf Trauma na Triomf: Pastorale Perspektiewe op God se Genesende Genade

Author:   Wentzel Coetzer, PhD
Publisher:   Independently Published
ISBN:  

9798278318095


Pages:   272
Publication Date:   17 December 2025
Format:   Paperback
Availability:   Available To Order   Availability explained
We have confirmation that this item is in stock with the supplier. It will be ordered in for you and dispatched immediately.

Our Price $39.57 Quantity:  
Add to Cart

Share |

Vanaf Trauma na Triomf: Pastorale Perspektiewe op God se Genesende Genade


Overview

Daar word oor die algemeen baie klem geplaas op 'praat-terapie' in die begeleiding van getraumatiseerde persone. Die praktyk toon egter dat indien dit oorweldigende trauma was wat veral op 'n gegewe moment binne 'n paar sekondes of minute plaasgevind het, dan gaan 'praat-terapie' nie ʼn deurslaggewende veranderende effek hê nie. Hierteenoor word daar vanuit ʼn pastorale vertrekpunt in hierdie boek die kritiese belangrikheid van ʼn alternatiewe benadering beklemtoon met ʼn besondere fokus op die belangrikheid van gebed. Dit gaan nie soseer oor ʼn algemene gebed nie maar ʼn spesifieke gebedsmodel gerig op die begeleiding van getraumatiseerde slagoffers. Hierdie is inderdaad ʼn 'goue sleutel' wat God aan Sy kerk en Sy kinders toevertrou het maar wat oor die algemeen nie effek benut word nie. Indien oorweldigende trauma nie hanteer word nie dan word daar gewoonlik emosioneel maar net ʼn 'deksel' daaroor geplaas en hoofsaaklik deur middel van medikasie word daar dan gepoog om die simptome te beheer. Omdat die dieper wortels egter nie hanteer word nie, het ʼn verskeidenheid van 'snellers' dan gaandeweg ʼn aftakelende invloed. Hierdie snellers kan deur enige van die sintuie geaktiveer word - enigiets wat ek byvoorbeeld sien of hoor of ruik kan my skielik terug ruk in die oorspronklike traumatiese situasie in en met dan ʼn herhaling van al die oorspronklike oorweldigende gewaarwordinge. Heel dikwels gaan dit ook gepaard met herhalende nagmerries waar ek ook weer telkens die oorspronklike trauma herbeleef. Die verdere gevolg is dat die medikasie ook gaandeweg verhoog moet word ten einde emosioneel net te kan oorleef. Vir talle slagoffers ontwikkel hierdie proses uiteindelik tot een of ander vorm van verslawing. Die voorgestelde benadering in hierdie boek impliseer dat die getraumatiseerde persoon se totale verhaal deurgewerk moet word, terwyl alle insidente van skok, trauma, krisis, verlies, vernedering, hartseer, ens., geïdentifiseer moet word - dit kon selfs reeds plaasgevind het binne die moederskoot tydens swangerskap. Die jongste trauma is ook geneig om alle vorige onverwerkte trauma te sneller en daarom die belangrikheid van deur die hele verhaal te werk. Daarna moet daar in gebed saam met die Heilige Gees terug beweeg word na elke situasie van onverwerkte trauma en krisisse. Vir God is tyd geen probleem nie en al het die trauma tien jaar gelede plaasgevind, kan Hy in gebed saam met die slagoffer onmiddellik terug beweeg na die oorspronklike situasie en dit hanteer asof dit alles nou plaasvind. Daar word dan as't ware 'ingezoom' op die betrokke situasie terwyl die Heilige Gees gevra word om beheer van die pynlike toneel oor te neem en alle oorweldigende emosies en verpletterende herinneringe te genees. In die boek word talle voorbeelde in hierdie verband genoem en die praktiese beginsels geïllustreer waardeur ʼn daadwerklike verskil kan plaasvind. Heel party voorbeelde illustreer byvoorbeeld hoedat trauma slagoffers soms vir jare geworstel het met die oorweldigende effek van herhalende snellers en dan uiteindelik in ʼn gebedsessie ʼn fenomenale deurbraak ervaar het. Dit gaan inderdaad om genesing van die herinneringe op ʼn baie diep vlak - dit wat slegs deur die Heilige Gees kan realiseer. Indien jy aan die worstel is met trauma van die verlede en wat vir jou by tye totaal oorweldig, of jy is op ʼn gereelde basis betrokke by andere wat deur intense trauma geraak is, dan is hierdie boek vir jou! Dit is inderdaad ʼn ideale stuk toerusting vir elke leraar, berader, lewensafrigter, maar ook vir elke ander persoon wat emosioneel aan die worstel is as gevolg van pynlike gebeure in die verlede.

Full Product Details

Author:   Wentzel Coetzer, PhD
Publisher:   Independently Published
Imprint:   Independently Published
Dimensions:   Width: 15.20cm , Height: 1.40cm , Length: 22.90cm
Weight:   0.367kg
ISBN:  

9798278318095


Pages:   272
Publication Date:   17 December 2025
Audience:   General/trade ,  General
Format:   Paperback
Publisher's Status:   Active
Availability:   Available To Order   Availability explained
We have confirmation that this item is in stock with the supplier. It will be ordered in for you and dispatched immediately.
Language:   Afrikaans

Table of Contents

Reviews

Author Information

Tab Content 6

Author Website:  

Countries Available

All regions
Latest Reading Guide

RGFEB26

 

Shopping Cart
Your cart is empty
Shopping cart
Mailing List