|
|
|||
|
||||
OverviewAvontuur kry 'n nuwe betekenis wanneer jy die land se agterpaaie op 'n motorfiets begin verken. Nuwe horisonne wink in hierdie roete- en praktiese rygids waarvoor die topskrywer Deon Meyer en die fotograaf Adriaan Oosthuizen van Suid-Afrika se mooiste grondpaaie aangedurf het. Hulle bied oor die 30 roetes vir gesoute en aspirant-motorfietsryers met 'n liefde vir reis. Meyer het 'n kort storie oor elke roete geskryf waarin hy onder meer spot met die hebbelikhede van motorfietsryers en vertel van die uitdagings wat hulle teekom. Hy vertel ook van die karakters wat hy langs die pad ontmoet. Elke roete - wat deur kleurvolle kaarte en pragtige landskapsfoto's geillustreer word - bied iets nuuts om te ontdek: 'n asemrowende pas, 'n kronkelende rivier, pragtige plaasgeboue, 'n waterval of 'n uitgestrekte stuk veld met nie 'n mens in sig nie. Dis asof jy die veldblomme ruik en die wind om jou ore hoor suis al sit jy op die rusbank en lees. Die tweede deel van die boek is 'n praktiese rygids wat grondpad-groentjies help om stofpaaie baas te raak. Daarin verduidelik Meyer die teorie agter motorfietsry. Hy gee 'n rits wenke, byvoorbeeld hoe om op 'n baie sanderige pad regop te bly; hoe om driffies en dongas te hanteer; en hoe om ongelukke te vermy. Daar is selfs raad oor watter bande en beskermende klere ryers moet he. Full Product DetailsAuthor: Deon Meyer , Adriaan OosthuizenPublisher: Tafelberg Publishers Ltd Imprint: Tafelberg Publishers Ltd ISBN: 9780624056843ISBN 10: 0624056848 Pages: 270 Publication Date: 25 July 2013 Audience: General/trade , General Format: Electronic book text Publisher's Status: Active Availability: Available To Order We have confirmation that this item is in stock with the supplier. It will be ordered in for you and dispatched immediately. Language: Afrikaans Table of ContentsReviewsAuthor InformationDeon Meyer is een van Suid-Afrika se gewildste skrywers. Sy topverkopers sluit boeke in soos 7 Dae, Karoonag en ander verhale, 13 Uur, Orion en Proteus. Hy is al talle kere plaaslik en oorsee bekroon vir sy spannende misdaadfiksie wat onder meer in Duits, Frans, Sweeds, Italiaans en Engels vertaal is. Deon is 'n kranige motorfietsryer wat voorheen bestuurder van spesiale projekte van BMW se motorfietsafdeling was. Oor die jare het hy feitlik alle uithoeke van die land op 'n motorfiets besoek. Adriaan Oosthuizen is 'n Kaapse fotograaf wat hom op mode-, kos-, dekor-, kuns-, portret- en natuurfotografie toespits. Sy opdragte het hom al regoor die wereld geneem en sy foto's het al in o.m. die New York Times en L'equipe verskyn. Adriaan is al verskeie kere bekroon vir sy werk, onder meer deur die gesaghebbende Milk Awards in Nieu-Seeland. Hy het tot op hede drie fotografie-uitstallings gehou en talle boeke geillustreer. Tab Content 6Author Website:Countries AvailableAll regions |
||||