|
![]() |
|||
|
||||
OverviewDie ongekende sukses van Afrikaner-sakelui het die afgelope drie dekades verras en verstom. 'n Aantal is vandag dollar-miljardêrs met uitgebreide internasionale belange. Die opkoms van die Afrikaner-magnaat is veral merkwaardig in die lig van die regering se omvattende program van swart ekonomiese bemagtiging. Onder leiding van Koos Bekker het Naspers die Johannesburgse aandelebeurs begin domineer en is dié mediagroep tot 'n internasionale beleggingshouergroep omvorm. Johann Rupert het Richemont as die naasgrootste groep in die mark vir luukse goedere gevestig, terwyl Christo Wiese en Whitey Basson onderskeidelik Pepkor en Shoprite tot die grootste kleinhandelgroepe in klerasie en voedsel in Afrika uitgebou het. Fortuine verklap waarom alles wat sakeleiers soos Jannie Mouton, Michiel le Roux, GT Ferreira, Johan van Zyl, Douw Steyn en 'n aantal megaboere aanraak skynbaar in goud verander. Dit ondersoek ook die sensasionele ineenstorting van Steinhoff Internasionaal onder Markus Jooste, waardeur soveel welvaart uitgewis is. 'n Onthullende boek, wat hoofsaaklik op persoonlike onderhoude gebaseer is en lig werp op die werksetiek, strategiese vennootskappe en aptyt vir risiko wat hierdie groep Afrikaners die reënmakers van die ekonomie maak. Full Product DetailsAuthor: Ebbe DommissePublisher: Jonathan Ball Publishers SA Imprint: Jonathan Ball Publishers SA Dimensions: Width: 15.20cm , Height: 1.50cm , Length: 23.30cm Weight: 0.500kg ISBN: 9781868427567ISBN 10: 1868427560 Pages: 448 Publication Date: 21 April 2021 Audience: General/trade , College/higher education , Professional and scholarly , General , Tertiary & Higher Education Format: Paperback Publisher's Status: Active Availability: Available To Order ![]() We have confirmation that this item is in stock with the supplier. It will be ordered in for you and dispatched immediately. Language: Afrikaans Table of ContentsReviewsAuthor InformationEbbe Dommisse is die skrywer van die topverkoper Anton Rupert – ’n Lewensverhaal en etlike ander boeke. Hy het as hoofredakteur van Die Burger afgetree na ’n loopbaan van 40 jaar in die joernalistiek. Hy het op Carnarvon in die Karoo grootgeword en aan die Hoër Jongenskool in die Paarl gematrikuleer. Hy het ’n meestersgraad aan die Nagraadse Skool vir Joernalistiek van die Columbia Universiteit in New York en ’n PhD aan die Universiteit Stellenbosch verwerf. Naspers se hoogste eerbewys, die Phil Weber Medalje, is aan hom toegeken. Tab Content 6Author Website:Countries AvailableAll regions |