|
![]() |
|||
|
||||
OverviewDie Legkaart is 'n verhaal van die skrywer se persoonlike belewenis van hoop, geestelike stryd en brandende liefde as dogter, ousus en intersessor. Dit vertel van die geweldige aanslae op haar pa se lewe, terwyl pa en dogter deur duisende kilometers van mekaar geskei is. Deel 1 is die eerste boek in 'n trilogie en speel af in 2019. Die aanslae op haar pa se lewe begin op 12 April. Hierna word die gesin op 'n tuimeltrein van lewensuitdagings geneem wat hul geestelike oorlogvoeringsvermoëns tot die uiterste beproef. Die verhaal deel die gesin se lief en leed en hoe hulle, ten spyte van die uitdagings van immigrasie hierdie berg uitklim. Die leser word ingetrek deur kosbare kleintyd-verhale, die toutrek-verhouding tussen pa en dogter, die onbreekbare band tussen susters en die immer teenwoordige Stem uit die Ewigheid. Immigrante, pa's, dogters en mense wat deur die trauma van kanker of immigrasie worstel, sal by die verhaal aanklank vind. Deel 1 handel oor hul geestelike oorlog; Deel 2 fokus op hul fisiese oorlog en Deel 3 op die emosionele oorlog van trauma. Hierdie introspektiewe ontdekkingsreis bied vertroosting aan die mede-pelgrim wat die steil kronkelpad steeds bewandel. Full Product DetailsAuthor: Lijlanie StanderPublisher: Lijlanie Stander Imprint: Lijlanie Stander Dimensions: Width: 14.80cm , Height: 0.80cm , Length: 21.00cm Weight: 0.186kg ISBN: 9781991187208ISBN 10: 1991187203 Pages: 148 Publication Date: 24 March 2023 Audience: General/trade , General Format: Paperback Publisher's Status: Active Availability: Available To Order ![]() We have confirmation that this item is in stock with the supplier. It will be ordered in for you and dispatched immediately. Language: Afrikaans Table of ContentsReviewsOns almal se lewens het uitdagings. Dit was boeiend om met jou te kon vereenselweg op jou reis. Dankie vir die raakvat en verwoording van jou eie uitdagings en die bron van inspirasie wat jou boek bied. Alle Sukses. Theo What an amazing adventure of God's grace and love for Lij and her family! This book shows what it truly means to have Faith and endure through tough times, to witness God's goodness at the end. This book takes you on a very inspiring and beautiful journey that will change your appreciation, view and love for others in your life. Thank you Lij, it's a book that will impact all readers in God's own unique way! Chrismie My hart is geraak deur hierdie boek wat so die pad van geestelike oorlogvoering en die emosies wat daarmee gepaard gaan, beskryf. Ons almal het ons eie pad wat ons stap, maar in hierdie boek ontdek jy riglyne wat jou help om sterker te staan, oe gefokus op Jesus met jou Aaron en Hur aan jou sy. Lindi Rall Ek dink dis 'n fantastiese geestelike boek met hier en daar so bietjie humor en 'n kykie in Lijlanie se lewe waar sy vandaan kom en groot geword het. Sy het welwiswaar daarin geslaag om mens te laat terug blaai en weer lees en weer wonder... Sy het my gewys en gemaan hoe om geloof te he. Hoe om gereed te wees vir oorlog teen spirituele demone. Soos sy in die boek se....ons het elkeen nodig om n Aaron en Hur te he in ons lewe en ook ter selfde tyd n Aaron of Hur te wees vir iemand anders. 'n Mens blaai nie net terug in die boek nie....mens vou ook blaaie se hoekies om.....daar waar jy weer wil gaan lees. Baie van dit het direk tot my gespreek. Skryf asb jou volgende boek, Lijlanie! Doreen Rivas Ek het jou boek so geniet. Dit was 'n maklike lees en wonderlik om jou en jou gesin beter te leer ken. Ek kon die boek nie neersit nie! Hoewel Aaron se identiteit aanvanklik 'n raaisel was, was die versinnebeelding van jou steunpilare met 'Aaron en Hur' treffend. Die kragtige geestelike oorlogvoering en praktiese uitbeelding daarvan is iets wat ek op my eie reis kan toepas. Ek het saam julle feesgevier oor sy genesing en was saam julle hartseer oor die ongeloof van ander. So baie van ons stap dieselfde pad, al lyk ons geestelike oorlog anders. Die Legkaart bied praktiese hulpmiddels vir ons elkeen se reis. Mag hierdie boek vir almal wie dit lees tot seen wees. Ek kan nie wag vir die opvolg nie! Susan Speedy Jou boek laat my huil, voel, lag en dankbaar wees. Dis so mooi geskryf en diep in my hart. Nog nie klaar nie, maar geniet elke oomblik! Klaar opgewonde vir die opvolg. Dis baie spesiaal Hester Die inhoud van Die Legkaart is treffend boeiend spesiaal vol lag hartseer en liefde Jou sterk geloof en verhouding met God staan uit en is inspirerend in jou boek Sien uit na deel 2 van Die Legkaart Ria Buitendach I cried, laughed, relate with you and enjoyed every second of the book. The honesty and sharing of so many feelings made it true and personal. Hester Kleynhans ""Ons almal se lewens het uitdagings. Dit was boeiend om met jou te kon vereenselweg op jou reis. Dankie vir die raakvat en verwoording van jou eie uitdagings en die bron van inspirasie wat jou boek bied. Alle Sukses."" Theo ""What an amazing adventure of God's grace and love for Lij and her family! This book shows what it truly means to have Faith and endure through tough times, to witness God's goodness at the end. This book takes you on a very inspiring and beautiful journey that will change your appreciation, view and love for others in your life. ""Thank you Lij, it's a book that will impact all readers in God's own unique way!"" Chrismie ""My hart is geraak deur hierdie boek wat so die pad van geestelike oorlogvoering en die emosies wat daarmee gepaard gaan, beskryf. Ons almal het ons eie pad wat ons stap, maar in hierdie boek ontdek jy riglyne wat jou help om sterker te staan, oë gefokus op Jesus met jou Aäron en Hur aan jou sy."" Lindi Rall ""Ek dink dis 'n fantastiese geestelike boek met hier en daar so bietjie humor en 'n kykie in Lijlanie se lewe waar sy vandaan kom en groot geword het. Sy het welwiswaar daarin geslaag om mens te laat terug blaai en weer lees en weer wonder... ""Sy het my gewys en gemaan hoe om geloof te he. Hoe om gereed te wees vir oorlog teen spirituele demone. ""Soos sy in die boek se....ons het elkeen nodig om n Aaron en Hur te he in ons lewe en ook ter selfde tyd n Aaron of Hur te wees vir iemand anders. ""'n Mens blaai nie net terug in die boek nie....mens vou ook blaaie se hoekies om.....daar waar jy weer wil gaan lees. ""Baie van dit het direk tot my gespreek. ""Skryf asb jou volgende boek, Lijlanie!"" Doreen Rivas ""Ek het jou boek so geniet. Dit was 'n maklike lees en wonderlik om jou en jou gesin beter te leer ken. Ek kon die boek nie neersit nie! Hoewel Aäron se identiteit aanvanklik 'n raaisel was, was die versinnebeelding van jou steunpilare met 'Aäron en Hur' treffend. Die kragtige geestelike oorlogvoering en praktiese uitbeelding daarvan is iets wat ek op my eie reis kan toepas. Ek het saam julle feesgevier oor sy genesing en was saam julle hartseer oor die ongeloof van ander. So baie van ons stap dieselfde pad, al lyk ons geestelike oorlog anders. Die Legkaart bied praktiese hulpmiddels vir ons elkeen se reis. Mag hierdie boek vir almal wie dit lees tot seën wees. Ek kan nie wag vir die opvolg nie!"" Susan Speedy ""Jou boek laat my huil, voel, lag en dankbaar wees. Dis so mooi geskryf en diep in my hart. Nog nie klaar nie, maar geniet elke oomblik! Klaar opgewonde vir die opvolg. Dis baie spesiaal"" Hester ""Die inhoud van Die Legkaart is treffend boeiend spesiaal vol lag hartseer en liefde Jou sterk geloof en verhouding met God staan uit en is inspirerend in jou boek Sien uit na deel 2 van Die Legkaart"" Ria Buitendach ""I cried, laughed, relate with you and enjoyed every second of the book. The honesty and sharing of so many feelings made it true and personal."" Hester Kleynhans Author Information"Lijlanie is 'n Suid-Afrikaanse expat en woon in Nieu-Seeland. In 2019 is haar pa met fase 4 prostaatkanker gediagnoseer. Die gesin was dit eens: hulle moes 'n geestelike oorlog wen; nie net 'n fisiese een nie. Die intensiteit van hul reis laat haar en haar suster verklaar: ""Hierdie gaan ons getuienis word!"" Gevolglik stel Lijlanie in 2020 'n Bybelstudie oor geestelike oorlogvoering saam. Sy onderneem om 'n boek oor hul reis te skryf. 2021 bring egter sy eie uitdagings. Vir Lijlanie en haar ouers: die grootste aanslag nog op hul lewens. Uit haar diepste seer word Die Legkaart gebore. Lijlanie is ook koördineerder en stigterslid van SA Kiwi Chicks, 'n christelike organisasie sonder winsbejag wat Suid-Afrikaanse expat-vroue in Nieu-Seeland ondersteun. Sy is self 'n limfoomkanker-oorwinnaar en getuig graag oor haar persoonlike reis met kanker, immigrasie en geestelike oorlogvoering - 'n reis waar die Heilige Gees familie oor kontinente nader aan mekaar gebring het. 'n Reis waar geloof, hoop en liefde oorwin en die krag van Die Woord al hoe sterker geword het." Tab Content 6Author Website:Countries AvailableAll regions |