|
|
|||
|
||||
OverviewDIE GEHEIM VAN DIE TAS Die tweeling Basjan en Boela Botha word deur hulle oom, Bouwer Botha, 'n bekende joernalis, Brasilië toe genooi waar hy aan 'n storie vir 'n internasionale nuusagentskap werk. Vanaf die staanspoor is dit duidelik dat alles nie pluis is nie. Oom Brouwer ontmoet hulle nie, soos afgespreek, op São Paulo-Guarulhos Internasionale Lughawe in São Paulo nie, en met hulle aankoms by die gastehuis besef hulle dat een van hulle tasse met dié van 'n M. Dias omgeruil is - dieselfde Meneer Dias wat kort ná sy aankoms uit Johannesburg uit 'n bewegende motor voor die lughawe doodgeskiet word. Laat daardie nag probeer rowers by die seuns se kamervenster inbreek. Die tweeling besef skielik dat hulle self nou teikens is - en dat die skurke nie sal huiwer om weer toe te slaan nie. Izabel, die gastehuis-eienaar se mooi dogter, begin 'n al hoe groter rol in die vreemde, soms skrikwekkende gebeure speel. Wat is die geheim van die tas? Waarom is die tas só belangrik dat die skurke nie sal huiwer om moord te pleeg nie? Skuil die oplossing van die geheim in São Paulo met sy meer as 23 miljoen inwoners, of iewers op die grens by die Iguaçu-waterval met sy meer as 275 watervalle? Die Geheim van die Tas is 'n avontuurverhaal vir seuns en meisies wat end-uit gelees móét word Ouderdom 9-12 jr Full Product DetailsAuthor: Errol VictorPublisher: Errol Victor Imprint: Errol Victor Volume: 4 Dimensions: Width: 15.20cm , Height: 0.70cm , Length: 22.90cm Weight: 0.154kg ISBN: 9798235026230Pages: 108 Publication Date: 27 May 2026 Audience: General/trade , General Format: Paperback Publisher's Status: Active Availability: Available To Order We have confirmation that this item is in stock with the supplier. It will be ordered in for you and dispatched immediately. Language: Afrikaans Table of ContentsReviewsAuthor InformationTab Content 6Author Website:Countries AvailableAll regions |
||||