|
![]() |
|||
|
||||
OverviewDie Nederlandse historikus, Martin Bossenbroek, het in 2013 die Nasionale Nederlandse Geskiedenis-prys gewen vir sy nuwe kroniek oor die oorlog wat Suid-Afrika gevorm het, en die boek is ook in 2013 op die kortlys vir die AKO Letterkunde-prys geplaas. Beide hierdie toekennings is vername Nederlandse letterkundige pryse. Hierdie Afrikaanse hardeband, wat in 2015 as 'n Engelse en 'n Afrikaanse sagteband uitgegee gaan word, sal die lof en byval bevestig wat Bossenbroek reeds ontvang het, en aan Suid-Afrikaanse lesers die geleentheid bied om sy unieke storieverteltegniek te ervaar. Die Anglo-Boereoorlog (1899-1902) is al verskeie dinge genoem: die oorsaak van apartheid, die voorganger van die Eerste en Tweede Wereldoorloe, en die eerste media-oorlog (waar joernaliste vir die eerste keer by 'n oorlog ingebed was). Dit het gehelp om die nasiestaat van Suid-Afrika te skep en meer as 'n honderd jaar nadat die oorlog geeindig het, lei dit steeds tot vurige debatte. In Die Boereoorlog bied Martin Bossenbroek vir die eerste keer aan lesers die volledige storie met ongeewenaarde insig en detail. Bossenbroek volg drie kleurvolle hoofkarakters: die Nederlandse prokureur, staatsprokureur van die Suid-Afrikaanse Republiek, staatsekretaris en uiteindelike Europese gesant Willem Leyds; die Britse oorlogsjoernalis Winston Churchill, en die Boerekryger en toekomstige Suid-Afrikaanse politikus, Deneys Reitz. Bossenbroek se fassinerende nuwe blik op die oorlog troef Thomas Pakenham se klassieke topverkoper, en is 'n moet-lees vir alle Suid-Afrikaanse geskiedenis-entoesiaste. Full Product DetailsAuthor: Martin BossenbroekPublisher: Jacana Media (Pty) Ltd Imprint: Jacana Media Dimensions: Width: 13.50cm , Height: 1.50cm , Length: 23.50cm Weight: 0.500kg ISBN: 9781431410552ISBN 10: 1431410551 Pages: 616 Publication Date: 14 October 2014 Audience: General/trade , General Format: Paperback Publisher's Status: Active Availability: In Print ![]() This item will be ordered in for you from one of our suppliers. Upon receipt, we will promptly dispatch it out to you. For in store availability, please contact us. Language: Afrikaans Table of ContentsReviewsAuthor InformationMartin Bossenbroek is 'n mede-professor in Geskiedenis aan die Universiteit van Utrecht in Nederland. Hy het sy eerste graad in 1980 van die Vrye Universiteit van Amsterdam ontvang en in 1992 sy doktoraal van die Universiteit van Leiden. Hy is die outeur van vele akademiese artikels en Die Boereoorlog is sy sewende gepubliseerde boek. Tab Content 6Author Website:Countries AvailableAll regions |