|
![]() |
|||
|
||||
OverviewMet hierdie ware verhaal onthul die akteur en televisie-vervaardiger Christo Gerlach die skokkende werklikhede agter die glans van die vermaaklikheidsbedryf. As kind moes Christo die papawers uit sy ouma se tuin ruk omdat sy oupa in die Volksblad gelees het dat die blom 'n bron van opium is. Jare later sou Christo homself moes ruk uit die kloue van 'n kokaiene-verslawing. In sy soms pynvol eerlike verhaal vertel hy van sy soeke na die liefde en aanvaarding wat sy pa nooit vir hom gegee het nie, van sy reis van toneelspeler en TV-ster tot vervaardiger van top-reekse soos Idols, Glitterati en Tonge Los. Hy ontbloot sonder skroom wat agter die skerms van die Suid-Afrikaanse vermaaklikheidsbedryf aangaan. Hy beskryf ook sy tekortkominge in sy drie langtermynverhoudings - wat telkens in skerwe eindig. En hy praat reguit oor sy verslawings aan kokaiene en Stilnox. En dan is daar die skim van Alfredo - die man wat in sy donkerste ure deel van sy vernietiging was. Christo se reis neem hom van die donkerte tot 'n plek waar genesing kan begin - 'n nuwe lewe van selfaanvaarding. Full Product DetailsAuthor: Christo GerlachPublisher: Tafelberg Publishers Ltd Imprint: Tafelberg Publishers Ltd ISBN: 9780624058076ISBN 10: 0624058077 Pages: 176 Publication Date: 30 March 2012 Audience: General/trade , General Format: Electronic book text Publisher's Status: Active Availability: Available To Order ![]() We have confirmation that this item is in stock with the supplier. It will be ordered in for you and dispatched immediately. Language: Afrikaans Table of ContentsReviewsAuthor InformationTab Content 6Author Website:Countries AvailableAll regions |